Wiskunde Graad 7

Vraag 1 

Pas Kolom A by Kolom B. 

Vorm:

1.1 Vierkant 

1.2 Sirkel 

1.3 Driehoek  

1.4 Reghoek 

Oppervlakte formule: 

a. 1/2 (basis) x loodregte hoogte

b. sy x sy

c. πr2

d. lengte x breedte 

___________________________________________________________________________________________________________________________ 

Vraag 2 

Skryf die volume formule van die volgende figure neer.

2.1 Kubus

2.2 Reghoek

2.3 Silinder

2.4 Driehoekige Prisma

___________________________________________________________________________________________________________________________ 

Vraag 3 

'n Boer het 'n plaas wat 4km by 6km is, bereken die volgende:

 3.1 Hoeveel gaan dit die boer kos om 'n heining van R70 per m op te sit?

3.2 Die boer wil graag beeste op die grond sit daar kan 10 beeste per km2 wees, hoeveel beeste kan daar inpas?

3.3 Daar is 'n plaasdam met 'n radius van 2.9 m en hy is 3 m hoog. Daar gaan 1000 liter water per m3 in. Hoeveel water sal benodig word?

___________________________________________________________________________________________________________________________ 

Vraag 4 

'n Stuk draad is 2.5m lank. Die draad word in 'n vierkant gebuig.

4.1 Wat is die lengte van 'n sy van die vierkant?

4.2 Indien 'n sirkel in die vierkant gemaak word sodat die kante van die sirkel aan die sye van die vierkant raak, wat gaan die radius van die sirkel wees?

Make a Free Website with Yola.